[English]

Weskaap Verblyf- en Sakegids
SUID-AFRIKA >> WESKAAP >> KAROO >> BEAUFORT WES

KO-KA TSARA BOSVELDKAMP

Karoo Bed en Ontbyt Verblyf
Karoo Bosveldkamp Verblyf
Karoo Natuurreservaat
Karoo Selfsorg Verblyf

StarStarStar

Tipe : Selfsorg Verblyf
Plek : Karoo naby Beaufort Wes
Gradering : Drie sterre : Tourism Grading Council of South Africa
Beskrywing : KO-KA TSARA BOSVELDKAMP wat "bokkiekloof" beteken in Khoi, is geleë in die Nuweveldberge van die Groot Karoo, 8km buite Beaufort Wes.
Dié eksklusiewe bosveldkamp is in 'n Privaat Wildreservaat en beslaan sowat 30 000 akker ongerepte Karooveld. Die Reservaat bevat meer as 20 soorte wild, insluitende Kameelperd, Koedoes, Gemsbok, Wildebees and Elande. Voëls is volop en nagenoeg 200 verskillende soorte is al in die Reservaat aangeteken.
Dié afgesonderde bosveldkamp bestaan uit sewe berghutte, 'n Sitkamer / Konferensiesentrum, Kroeg en Kraalheining (Boma) omring deur kranse en die Nuweveldberge.
Van buite : Die berghutte is deur die Reservaat se eienaar, Werner Koster, ontwerp en gebou en hy het uitsluitlik plaaslike populierbome en klip gebruik vir die oprigting daarvan. Die rustieke dekor word afgerond met leiklipvloere, handgemaakte meubels en houtafwerkings.
Binne : Die hutte is stylvol versier, elk bied slaapplek vir vier persone met 'n en suite badkamer, ten volle toegeruste kombuis en eie privaat braaiplek.
Elke hut het sy eie privaat parkeerplek en is volledig toegerus, insluitend waaiers vir die somer en verwarmers vir die winter.
Die naggeluide soos die roep van jakkalse, skep die gevoel van Afrika en maak Ko-ka Tsara 'n natuurliefhebber se paradys. Die sewe A-raam hutte van klip en hout, met grasdakke bied die ideale slaapplek vir dié volmaakte wegkruipplek.
Aankomstyd : Na 14h00
Vertrektyd : Voor 10h00
Tarief : Selfsorg : Buite seisoen :
1 persoon = ZAR480.00 per nag
2 persone = ZAR386.00 per persoon, per nag, wat deel
3de en 4de persoon = Gratis
Selfsorg : Binne seisoen - Skoolvakansies en langnaweke
1 persoon = ZAR535.00 per nag
2 persone = ZAR420.00 per persoon, per nag, wat deel
3de en 4de persoon = Gratis
Selfsorg : Hoog seisoen - 1 Desember tot 15 Januarie
1 persoon = ZAR595.00 per nag
2 persone = ZAR417.00 per persoon, per nag, wat deel
3de en 4de persoon = Gratis
Bed en Ontbyt : Buite seisoen
1 persoon = ZAR542.00 Bed en Ontbyt
2 persone = ZAR452.00 per persoon Bed en Ontbyt
3de en 4de persoon = Gratis
Bed en Ontbyt : Binne seisoen - Skoolvakansies en langnaweke
1 persoon = ZAR600.00 Bed en Ontbyt
2 persone = ZAR482.00 per persoon Bed en Ontbyt
3de en 4de persoon = Gratis Slegs Bed
Bed en Ontbyt : Hoog seisoen - 1 Desember tot 15 Januarie
1 persoon = ZAR609.00 Bed en Ontbyt
2 persone = ZAR476.00 per persoon Bed en Ontbyt
3de en 4de persoon = Gratis Slegs Bed
Etes :
Aandeteword buite in die beskutting(boma) op die egte Karoomanier, rondom 'n knetterende kampvuur, bedien, of in die afsondering van u eie hut.
Bespreking noodsaaklik voor aankoms. Volwassenes : ZAR120.00
Kinders 5-10 jaar : ZAR50.00
Kinders onder 4 : Gratis
Ontbyt :
Volwassenes : ZAR50.00
Kinders 5-10 jaar : ZAR5.00 per kind se jaar
Kinders onder 4 : Gratis
Braaipakke : is beskikbaar en word om 18h00 afgelewer by u hut
* Verskeidenheid braaipakke vanaf ZAR50.00
* 3 Verskillende slaaie en varsgebakte brood ZAR25.00 per persoon

Wildsritte :
ZAR100.00 per volwassene
ZAR50.00 kinders onder 10 jaar.
Safari-karretjie beskikbaar om te huur teen ZAR100 per uur (sitplek vir 4 persone)

NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat bogenoemde tariewe slegs 'n gids is en kan verander sonder kennisgewing.

Besprekings :
Telefoonbesprekings : 0861 106 408    of    +27 (0) 83 662 1560
Navrae word bevestig met die bepaalde verblyfplek. Die antwoord (kwotasie) word dan aan u gestuur met besprekingsinligting. Laat asseblief tot twaalf ure toe vir 'n kwotasie (gewoonlik sowat drie ure).

Padaanwysings : Een kilometer noord van Beaufort Wes, draai van die N1 af op die Carnavon / Loxtonpad en ry vir sewe kilometers. Draai regs in by Ko-Ka Tsara se hekke en ry vir 2.5 kilometers tot by die hutte.

Besprekings

Ko-katsara Bush Camp, Beaufort West, Western Cape.

Ko-katsara Bush Camp, Beaufort West, Western Cape.

Ko-katsara Bush Camp, Beaufort West, Western Cape.

Ko-katsara Bush Camp, Beaufort West, Western Cape.

Ko-katsara Bush Camp, Beaufort West, Western Cape.

E-pos


Karoogids




Vir die beste rusultate gebruik 1024 x 768 resolusie en 15 byt kleur.
Kopiereg © 2008 A. Conolly. All regte voorbehou.
Ontkenning: Alle inligting wat op hierdie webblad verskaf word, dien slegs as 'n gids.