[English]

Weskaap Verblyf- en Sakegids
SUID-AFRIKA >> WESKAAP >> BREEDERIVIER >> MONTAGU

RAVENNA MOUNTAIN RETREAT

Montagu Selfsorg Verblyf
Montagu Plaasverblyf
Montagu B&B Verblyf

StarStarStar

Tipe : Plaasverblyf
Plek : 28 km vanaf Montagu op Roete 62 in rigting Barrydale.
Gradering : Tourism Grading Council of South Africa - Drie sterre.
Beskrywing : Knus tussen die grootse Langeberge en die ru Karoo koppies, lê Ravenna, waar jy bed en ontbyt of selfsorg verblyf kan geniet in 'n rustige, vreedsame omgewing.
Ongerepte landskap en vars Karoo lug dwarsdeur die jaar.
Liefhebbers van die natuur kan die verskeidenheid plaaslike flora, wat wissel van Kaapse fynbos tot karoo bosveld en vetplante, ervaar. Voëlkykers sal die wye verskeidenheid inheemse voëls geniet. Daar is heelwat voetslaan- en bergfietspaaie op die vrugteplaas en in die Langeberge.
Geniet 'n ontspannende massage, laat doen 'n fotografiese portret van jou gesin, gaan ry perd, stap, ry bergfiets, geniet 'n wynproe sessie, swem, hengel, of ontspan net ...!
Alle bedrywighede op die plaas is op eie risiko.
Slaapplek : Daar is sewe ten volle toegeruste huisies :
Laventel (Lavender) - Slaapplek vir 2, gesellige leefarea, kombuisie, stort, patio met ingeboude braaiplek.
Roosmaryn (Rosemary) - Slaapplek vir 2, kuns leefarea, kaggel, ten volle toegeruste kombuisie, stort, patio met ingeboude braaiplek.
Doringboom (Thorntree) - Slaapplek vir 4, ten volle toegeruste 2 slaapkamer huisie met 4 enkelbeddens, sitkamer, kaggel, kombuis, bad en stort, patio met ingeboude braai
Bloekomboom (Gumtree) - Slaapplek vir 5, ten volle toegeruste 2 slaapkamer huisie, 1 dubbel & 3 enkelbeddens, sitkamer, kaggel, kombuis, stort, patio met braai.
Kruidjie-roer-my-nie (Honeybush) - Slaapplek vir 2, dubbelbed, gesellige leefarea, Viktoriaanse bad & buite stort, ten volle toegeruste kombuisie, patio met braai.
Salie (Sage) - Slaapplek vir 4, ten volle toegeruste 2 slaapkamer huisie, 1 dubbel- & 2 enkelbeddens, sitkamer, kaggel, kombuis, bad & stort, patio met braai.
Tiemie (Thyme) - Slaapplek vir 4, ten volle toegeruste 2 slaapkamer huisie, 1 dubbel- & 2 enkelbeddens, sitkamer, kaggel, kombuis, bad & stort, patio met braai.
Aankomstyd : Na 14h00
Vertrektyd : Voor 10h30
Tarief :
Selfsorg : ZAR240 per persoon per nag.
Gesin : ZAR750 per huisie per nag : ouers en tot 2 kinders onder twaalf jaar.
Bed & Ontbyt : ZAR295 per persoon per nag.
Enkelbyvoeging : ZAR60
Bespreek Elektronies : Elektroniese Besprekings :

PLEASE NOTE tariffs reflected above are only a guideline and are subject to change without notice.

Make a booking:
Phone Bookings : 0861 106 408 or +27 (0)83 662 1560 Requests are confirmed with the accommodation establishment. The reply (quote) is then forwarded to you with information on how to book the specific accommodation. Please allow up to twelve hours for a quote.

Padaanwysings :
Volg die N1 vanaf Kaapstad na Worcester. By Worcester neem die Robertson / Montagu afdraai. Ry deur Montagu op die pad na Barrydale en Oudtshoorn. 28 km anderkant Montagu draai regs by die 'Kruispad Cash Store'. Ravenna is 2.5 km verder.

Besprekings

Ravenna Rusplek in die Berge, Montagu, Weskaap.

Ravenna Rusplek in die Berge, Montagu, Weskaap

Ravenna Rusplek in die Berge, Montagu, Weskaap.

Ravenna Rusplek in die Berge, Montagu, Weskaap.

Ravenna Rusplek in die Berge, Montagu, Weskaap.


Breederivier Gids




Vir die beste rusultate gebruik 1024 x 768 resolusie en 15 byt kleur.
Kopiereg © 2008 A. Conolly. All regte voorbehou.
Ontkenning: Alle inligting wat op hierdie webblad verskaf word, dien slegs as 'n gids.